Ses Snare met net Afrikaanse liedjies! Van Johannes Kerkorrel, Koos du Plessis en David Kramer tot Lucas Maree, Laurika Rauch, Coenie de Villiers en Anton Goosen – en dan nog ’n paar liedjies uit die penne van die Snare self.
Nuwe, bekende en ou treffers, minder bekende liedjies van bekende liedjieskrywers, rock, pop en blues – alles verwerk vir ses stemme en ses kitare.
Met Blackie Swart, Pieter Smith, MD Greyling, Thean Kotze, Peter Hoven en Leon Ecroignard.
Vervaardiger: GZ Produksies
Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/16
Plek: Klipdrift @ Roots, Potchefstroom
Tydsduur: 80 minute
Kaartjies: R110
24 Sept. – 19:30, 25 Sept. – 09:30, 26 Sept. – 14:30, 27 Sept. – 12:00, 28 Sept. – 09:30