Sosiale media-ikoon en musikant Francois Boyce, beter bekend by sy aanhangers as #HoezitSamelewing, stel sy nuutste Afrikaanse liefdeliedjie vry: “Sonskyn.” Hierdie liedjie is ’n hartroerende viering van liefde, geloof en die unieke maniere waarop ware verbintenis in ’n verhouding gebore word.
Francois Boyce het gedurende die afgelope jare ’n uiteenlopende gehoor opgebou oor platforms soos Facebook, Instagram, TikTok en YouTube deur sy humor, inspirerende boodskappe en persoonlike betrokkenheid by aanhangers regoor Suid- Afrika te deel. Sy handelsmerk, Hoezit Samelewing, het hom gehelp om ’n diverse
aanhang te betrek wat nie net na vermaak soek nie, maar ook na stories wat die hart raak, gemeenskapsbindend is en positiewe waardes bevorder – gewoonlik met ’n lag, ’n gevoel van hoop, en ’n gevoel van “ek verstaan jou” in elke plasing en optrede.
“Sonskyn” is geïnspireer deur Francois se eie liefdesreis met sy vrou, wat ’n spesifieke woord gehad het wat sy altyd wou hoor van haar toekomstige maat — ’n woord waarvan sy aanvanklik geskroom het om dit te verklap. Toe Francois die woord uiteindelik gebruik het, het dit ’n oomblik van bevestiging en uiteindelik liefde
geskep wat die kern van hierdie liedjie vorm.
Soos Francois dit self stel: “Toe hy die woord gebruik in ‘n oproep, was haar woorde: Ons moet praat… en met
hul volgende ontmoeting maak sy bekend dat die woord ‘sonskyn’ is. Vandaar die mooiste woorde wat ek ooit gehoor het: ‘Nou weet ek dit is jy, ek weet nog net nie of jy weet dit is ek nie.’ Hierdie lied gaan oor daardie oomblikke wat jou laat besef dat elkeen van ons ’n sonskyn-mens in ons lewe verdien. Ek vier liefde. Ek vier wat mense bereid is om te doen en op te offer vir liefde.”
“Sonskyn” is ’n gevoel-goed liefdesliedjie wat aansluit by ’n wye luisteraarsbasis en geskik is vir ’n romanse-volle radiospeellys, veral vir luisteraars wat hou van intieme Afrikaanse lirieke met ’n diep menslike verhaal.

