Storielied

Storielied is ‘n moet vir musiekliefhebbers en boekwurms!

Suid-Afrika is oor die eeue heen ‘n bymekaarkomplek waar nasies mekaar leer ken, mekaar se taal leer praat en waar hulle saam aan ‘n nuwe geskiedenis bou. Uit die Noorde kom stories van adelikheid en verbode liefde. Uit die Ooste kom speserye en vroue wat geen man kan weerstaan nie. Dié wat van hier af kom, ken die aarde en haar ritme, bossies, reuke, medisyne en ontembare wind.

Luna Paige bepeins evolusie en godsdiens saam met Ingrid Winterbach. Sy sing oor vuur en verbode liefde uit André Brink se Ambassadeur. Sy gaan haal ‘n lewensles uit ‘n Margaret Bakkes roman en sing oor ‘n Boesman-gelykenis soos beskryf deur Elias Nel. Sy identifiseer met Dana Snyman se hartseer oor sy ouma en skryf ‘n wiegelied vir een van Chris Barnard se sterwende karakters. Sy dans tot dagbreek toe saam met die bevryde slawe in Raithby.

Storielied gaan oor die liefdesverhouding tussen die Afrikaner en die aarde. Luna en haar uitmuntende orkes neem jou op reis na ruimtes waarbinne jy verskeie aspekte van jouself en die wat jy lief het, sal herken. Sy put haar inspirasie uit romans en kortverhale van ons land se bekroonde skrywers.

Met: Luna Paige (klavier, kitaar en stem), Schalk Joubert (baskitaar), Anjulie Nock (tjello), Piet de Beer (viool), Ronan Skillen (perkussie).

Vervaardiger, teks, regie en musiek: Luna Paige

Luna Paige
Luna Paige
Cederbergfees 2012

Reinholds Restaurant, Clanwilliam
Kaartjies: R100 (ligte ete ingesluit)
Besprekings: Cederbergfeeskantoor by telefoon 027 482 1090
Cederberg Kunstefees

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar