Die Nasionale Jeugmusiekstigting (NJMS) het ‘n beperkte aantal kaartjies vir die Finaliste Galakonsert van die Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) van 6 tot 11 Desember by die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow, Kaapstad, plaasvind, beskikbaar gestel.

Die naam van die konsert se gaskunstenaar is ook bekend gemaak. Hy is, David Cyster, 21, ‘n vorige kategoriewenner van die NJMK.

David het die blaasinstrumentkategorie by die 2017 NJMK gewen. Hy is nou ‘n student by die Universiteit van Stellenbosch en is van Kaapstad.

In 2018 was hy ‘n solis by die by die nooienskonsert van die Jong Kunstenaar Konsertreeks van die NJMS. By dié opvoering het hy sy strikdas nonchalant ageruk en die gehoor tot ‘n voetstampende genot betower.

Die ses beste deelnemers van die kompetisie sal mededingend optree met die Kaapstadse Filhamoniese Orkes (KFO), gedirigeer deur Brandon Philips.

Ingevolge Covid-19 veiligheidsregulasies, is daar slegs 120 sitplekke is vir die eenmalige geleentheid beskikbaar. Besprekings is nou oop by https://www.quicket.co.za/events/157991-gala-concert-national-youth-music-competition-2021/

Die volle konsert en prysuitdelingseremonie sal regstreeks op die kompetisie se webblad www.nymc.co.za gestroom word. Die galakonsert begin om 18:00 op Saterdag 11 Desember. Alle veiligheidsprotokolle word toegepas. Lede van die gehoor sal ten minste 30 minute voor die gala moet aanmeld vir skandering en registrasie vir die verpligte Covid-nasporingsregister.

Lewer kommentaar

Leave a Reply