Stunning!

Die pianis, vervaardiger,skrywer en mengeldrankie-connoisseur Rocco de Villiers, veral bekend om sy treffende instrumentele albums, het die afgelope dekade bewys daar is aanvraag vir en aanhang van instrumentele musiek in Suid-Afrika.

Hy doen dinge ánders. Hy het sy eie stempel geskep met sy unieke, flamojante, teatrale en energieke kreatiwiteit. Sy repertoire sluit oor die 60 verhoogproduksies as pianis, verwerker en musikale regisseur, twee dosyn CD-opnames en ‘n tiental opdragwerke as komponis van temamusiek vir TV-en radioprogSy onmiskenbare professionaliteit is die sleutel totramme in.

Vir dié middagvertoning by die Ou Meulteater in die Paarl op Sondag 3 Maart gaan Rocco musiek speel van sy pas vrygestelde album, Stunning! Liedere soos “The world in union”, “Hymne a l’amour”, “What a wonderfull world”, “reen green grass of home”, “Stairway to heaven”, “Unforgetttable”, “The last waltz”, “Sacrifce” en nog tonne gewilde musiek-juwele. Rocco sal ook liedere speel van sy twee vorige albums met treffers soos “Music box dancer”, “You raise me up” en “Chariots of fire”.

Die vertoning begin 16h00.
Kaartjies is R120.
Besprekings: 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Rocco de Villiers
Rocco de Villiers

Lewer kommentaar

Leave a Reply