Top Koreaanse violis Yura Lee gee konsert by Hugo Konsertreeks

Drie jaar na haar oorwinning in die vername 5de Unisa Internasionale Strykerskompetisie in 2010, sal die sensasionele Koreaanse violis Yura Lee op Sondag 10 November ’n hoogs verwagte uitvoering by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Parow lewer. Haar warrelwind toer van Suid-Afrika vier haar oorwinning in 2010 en sluit optredes in al die groot stede in – Kaapstad, Johannesburg, Pretoria, Durban, Bloemfontein en Port Elizabeth, sowel as Grahamstad en Hermanus.


Vir haar solo-uitvoerings sal Lee begelei word deur die Suid-Afrikaanse pianis Tertia Visser Downie, wat haar ook tydens deelname aan die Unisa kompetisie begelei het. Gehore kan uitsien na virtuose werke vir viool en klavier deur Beethoven, Brahms, Kreisler en Tchaikovsky.

Sedert sy die eerste plek in die Unisa kompetisie verower het, het Yura Lee reeds twee ander groot oorwinnings in kompetisies behaal – Eerste Prys in die 2013 Yuri Bashmet Internasionale Kompetisie (Rusland) en Eerste Prys in die 2013 ARD Kompetisie (Duitsland).

Sy geniet ’n internasionale loopbaan wat reeds oor twee dekades strek. Haar musikale integriteit en boeiende kunstenaarskap word derugaans deur beide kritici en top musici geprys.

Me. Lee het aan die Juilliard Skool (New York), New England Conservatory (Boston), Salzburg Mozarteum (Oostenryk) en die Kronberg Academy (Duitsland) studeer. Haar onderwysers sluit Namyun Kim, Dorothy DeLay, Hyo Kang, Miriam Fried, Paul Biss, Thomas Riebl, Ana Chumachenko en Nobuko Imai in.

As solis het sy saam met van die vernaamste orkeste opgetree, insluitend die New York Philharmonic, Chicago Symphony, Baltimore Symphony, Cleveland Orchestra, Detroit Symphony, Saint Louis Symphony, San Francisco Symphony, Los Angeles Philharmonic, NDR Symphonieorchester, Monte Carlo Philharmonic, Hong Kong Philharmonic, Tokyo Philharmonic en verskeie ander. Yura Lee het al onder dirigente soos Christophe Eschenbach, Lorin Maazel en Myung-Whun Chung gewerk.

Yura Lee
Yura Lee
Die violis Yura Lee sal op Sondag 10 Novermber om 15h30 as gas optree by die Hugo Konsertreeks in die Hugo Lambrechts Ouditorium, Picton Street (Parow). Kaartjies teen R130, R90 (seniors), R60 (studente/leerders) is beskikbaar by www.webtickets.co.za of 021 461 3816 tydens kantoorure.

Yura Lee 2013 SA Toer:

7 Nov – Cape Town – Concerto with CPO, Cape Town City Hall
8 Nov – Bloemfontein – Recital – Odeion
9 Nov – Hermanus – Recital – Overstrand Civic Auditorium
10 Nov – Parow (CT) – Recital – Hugo Lambrechts Auditorium
12 Nov – Durban – Recital – Durban Jewish Club
13 Nov – Johannesburg – Concerto with JPO – Linder Auditorium
14 Nov – Johannesburg – Concerto with JPO – Linder Auditorium
16 Nov – Bloemfontein – Concerto with FSSO – Sand du Plessis Theatre
17 Nov – Johannesburg – Recital – Northwards House
18 Nov – Pretoria – Recital – Enoch Sontonga Hall
19 Nov – Grahamstown – Recital – Beethoven Room
21 Nov – Port Elizabeth – Recital – NMMU Auditorium

Lewer kommentaar

Leave a Reply