”Ons like om te lag
al is ons tunes vol ellende
huls my broers en ek suppose
my bende”
– Brixton Barnard
Drie ou vriende vertrek eersdaags op toer. As ‘n trio komplimenteer hul mekaar se uiteenlopende style om met iets heel uniek vorendag te kom.
Die ander Nel in die verhaal is natuurlik Bacchus. “Oppieplaas”, sy volkslied vir die outcasts, geniet kultusstatus by verskeie musiekfeeste. Daar is egter meer in die man se arsenaal as saamsing liedjies en gehore by onlangse vertonings sal getuig dat sy debuut album, ‘In die arms van die nag’ net n sterk fondasie is vir groter werke wat volg. Bacchus dring aan om sy kant te bring met bestuur skofte op die toer. Die ander twee is tans op soek na n ‘state of the art’ G.P.S.
Brixton Barnard wat tot onlangs betrokke by Trike en die Brixton moord en Roof orkes. Van sy beste werk kan onder andere op albums soos ‘volle militere eerbetoon’ en ‘terug in skubbe’ gehoor word. Hy werk tans aan n solo album en is ook betrokke by die punk groep Plank.
Gehore kan uitsien na nuwe vertolkings van ou gunstelinge en ook interpretasies van ander kunstenaars se werke.

Die ouens is 5 Augustus by Die Boer in Durbanville.
