Ontwikkelaars by YouTube gaan uiteindelik met iets bruikbaar vorendag kom. Oor ‘n paar maande (waarskynlik November) gaan jy ‘n YouTube-video kan aflaai op op ‘n selfoon of tabletrekenaar vir ‘n beperkte tyd (waarskynlik 48 uur).
Ja, ons weet Preloading bestaan op Android, maar almal weet dit werk so goed soos die Suid-Afrikaanse regering se ekonomiese beleid.
Nog ‘n funksie wat sy verskyning op YouTube gemaak het (en wat party van ons al lank skelm gebruik) is die lys van albums en gewilde liedjies vir musikante.. Tik byvoorbeeld “David Bowie” in die soekspasie en ‘n lys van al sy albums en gewildste liedjies verskyn regs op die skerm.
