#Aardklop13 Ben, Babsie en familie

Ben, Babsie & familie, geskep in die vyftigerjare en voortdurend gepubliseer tot onlangs, is sonder
twyfel die gewildste strokiesprent nog in Rapport se geskiedenis.

Die wel en weë van ‘n tipiese Afrikaanse, middelklas gesin in Hoopstad, kry nou klank, kleur en ‘n
derde dimensie as verhoogstuk. Ben, Babsie, Rooinek, Hêppie en Tant Minnie kry nuwe lewe en ‘n
nuwe gestalte.

Hierdie gesinskomedie, sal vanselfsprekend ‘n hele rits gewilde karakters insluit, gespeel deur ‘n
klein groepie akteurs wat van rolle verwissel.

Karakters word vertolk deur die akteurs Lizz Meiring, Johan Engelbrecht en Hendrik Cronje.

Dit is humor sonder vloek en ‘n lekker onthou van strokiesprent gebeure. Beslis ‘n produksie wat die
gehoor sal laat met heimwee na die ongekompliseerde en onskuldige spottery met die die land, sy
mense en gebeure in die 60’s, 70’s en 80’s.

Die styl en struktuur van die teks, sal bestaan uit kort sketse / grepe van situasies soos verbeeld in die
strokiesprente. Hierdie humor word uitgebou tot lekkerlag, herkenbare en identifiseerbare situasie-komedie.

Johan Engelbrecht, Lizz Meiring en Hendrik Cronje
Johan Engelbrecht, Lizz Meiring en Hendrik Cronje

Die strukturele slotsom van die teks, is ‘n laaste toneel, waar die belangrikste Ben, Babsie & familie
karakters verskyn as ‘n gesin van Ben, Babsie & familie lesers wat hul kommentaar lewer oor die strokiesprent karakters se persoonlikhede en manewales.

Die regisseur is Lizz Meiring en die stuk is vervaardig deur Artist Warehouse.

(foto Deon Raath)

Aardklop 2103

Genre: Komedie
Ouderdomsbeperking: Geen
Plek: Virseker Girls High, Potchefstroom
Tydsduur: 70 minute
Kaartjies: R100
24 Sept. – 09:00 en 14:30, 25 Sept. – 20:00, 26 Sept. – 09:00, 27 Sept. – 12:00

Ben, Babsie en familie
Ben, Babsie en familie

Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply