William Wolf, die talentvolle Suid-Afrikaanse musikant, is opgewonde om sy nuutste liedjie, “Vir Ewig”, aan te kondig. Die liedjie is beskikbaar op alle digitale platforms. Dit is ‘n hartroerende lied wat die ewige aard van liefde en verhoudings verken.

“Vir Ewig” is ‘n roep na die liefde wat nog altyd daar was, is en sal wees,” sê William Wolf. “Die liedjie reik uit na daardie liefde en vra die vraag of ‘n verhouding die potensiaal het om vir ewig te duur. Dit is egter belangrik om te onthou dat musiek, soos alle kunsvorme, oop is vir elke individu se unieke interpretasie.”

Vir ewig – William Wolf
William Wolf
William Wolf, foto Andrea Jansen / Vonk Musiek

Lewer kommentaar

Leave a Reply