’n Intieme aand saam met die alternatiewe Afrikaanse band onder leiding van sanger en kitaarspeler, Frank Freeman, wat die land aan die gons het met hulle unieke klank en uitkyk oor Afrikaanse kultuur en musiek. Na die vrystelling van hulle debut album, Na Twaalf, in Oktober 2025, het VOLK shows reg oor die land by feeste soos Mieliepop, Droomland, The Picnic Club en meer so ver hierdie jaar onder die belt. Die trein het nou waarlik die stasie verlaat en volgende stop word gemaak in styl. In hierdie weergawe van die band se vertonings is die groep se materiaal vir die eerste keer verwerk in ’n styl wat gemaak is vir teaters. Nie feeste of klubs nie. Trek jou safari pak aan en bring jou bokkie. Dis intiem. Dis fancy. Volken fancy.
Geen O/14 TAAL
Vrydag 31 Julie by Die Boer teater in Durbanville om 20:30
Kaartjies kos R 200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

