Dié denkbeeldige en opwindende konsertreis vat die spoor van Agent 007 – oftewel Bond, James Bond – op die maat van musiek van die lande waar sy avonture afspeel.
Saam met die orkes en die solis word die skoonheid van plekke en die vrou ondersoek, asook die opwinding van sukses, terwyl nog ’n skurk se plan vir wêreldoorheersing gefnuik word. Sluit by ons aan vir werke soos Caro Nome uit Rigoletto, Outdoor-ouverture deur Copland en die onoortreflike Pomp and Circumstance-mars deur Elgar, en word vir een aand self ’n musiekspioen. Jy weet nooit watter verrassings mag opduik nie.
Met: Vrystaatse Simfonieorkes, solis: Magdalene Minnaar (sopraan)
Dirigent or koorleier: Alexander Fokkens
Genre: Klassieke musiek
Taal: Afrikaans & English
Tydsduur: 65 minute
Kaartjies: R120
Plek: Sand du Plessis-teater, Bloemfontein
Datum: 18 Julie
Around the world with 007 ,
Roekeloos,
16 Julie 2015.