Neil Sandilands het pas na die Kaap teruggekeer van sy toer Woorde en akkoorde na die noorde, wat in Hermanus begin het, deur Beaufort-Wes, Richmond, Bloemfontein, Johannesburg se Lindenteater, Bedfordview, Pretoria se Pierneefteater, Café Barcelona, JARR Bar, Die Blouhond asook die Gedenksaal te Hoërskool Monument, Krugersdorp, gehore gaande gehad het.

Albert Frost, Neil Sandilands en Schalk Joubert in Hermanus 2023 - Foto: Thinus Maritz
Albert Frost, Neil Sandilands en Schalk Joubert in Hermanus 2023 – Foto: Thinus Maritz

“Twaalf agtereenvolgende shows! Ons gehore was fenomenaal. Hulle was ontvanklik vir oorspronklike werk, het gefokusd geluister en selfs heup geswaai! Die staande ovasies, toegejuiging en encores oorweldig my nog soms. Mens se eerste toer sal altyd spesiaal bly. Dit was vir my ‘n besonderse belewenis” vertel Neil.
Schalk Joubert (baskitaar) en Albert Frost (elektriese kitaar) se ondersteunende spel, maak hierdie aanbieding ‘n eiesoortige belewenis, juis vanweë hul aanpasbaarheid en virtuoso aanslag. Geen twee uitvoerings is ooit dieselfde nie. Mens sou heel gemaklik die produksie kon eien as vertolkingskuns. Die sinergie tussen die drie kunstenaars is elektries.
Die werk word vervat uit Sandilands se eerste SAMA benoemde album Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn, soos gehoor op die M-Net oorspronklike reeks Desert Rose, asook die twee EP’s Die Groot Vyf en Die Groot Niks
Daar is ook kraakvars nuwe werke vanaf sy opkomende album Allegaarkie vir ‘n Askeet wat in April vanjaar die lig sal sien. Sandilands het weer kragte gespan met Theo Crous (Springbok Nude Girls) as vervaardiger en inginieur. 

Andre Badenhorst het die album omslag gefotografeer, Rouleaux van der Merwe doen die album ontwerp en Rogan Kelsey het die “mastering” behartig.

Neil Sandilands terug in die Kaap by Die Boer teater restaurant in Durbanville op 13 April om 20h30

Kaartjies kos R240 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply