Woorde met Wieke

Met hierdie produksie word gepoog om die gedigte van Antjie Krog nog meer toeganklik te maak vir die liefhebbers van die digkuns en Afrikaans. Dis ‘n poging om ‘n nuwe gehoor te bou vir Afrikaans sodat mense toegevou kan word in die warmte van hulle eie taal.

Vier uiteenlopende Afrikaanse kunstenaars het elk gedigte van Antjie Krog getoonset op hulle eiesoortige manier.
Coenie de Villiers, Jak de Priester, Herman van den Berg en Andries Bezuidenhout is meesters op die gebied van toonsettings. Brűmilda van Rensburg dra gedigte van Antjie Krog voor as deel van die bindingsteks.

Klein Libertas Amfiteater, Stellenbosch
Prys/Price: R120/R140
Tyd/Time: 20h15
Duur/Duration: 90 min


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply