Gifboom / Boesmansgifboom

Acokanthera oblongifolia

Die gifboom is inheems in Suidelike Afrika. Hulle is baie gewild onder tuiniers as sierplante en word as as boom of struik aangeplant.

Wees gewaarsku dat alle dele van die plant potensieel giftig is. Dit staan ook bekend as die boesmansgifboom, omdat inheemse bewoners van Suidelike Afrika destyds ’n klewerige gom gemaak het van die sap. Die gom is as ’n dodelike gif gebruik op pylpunte.

Die boom kan tot 7 m hoog word. Die blare is donkergroen met geurige wit blomme wat in die lente verskyn. Dit dra ook giftige, persswart bessies. Snoei die plant nadat dit geblom het indien jy wil voorkom dat dit bessies dra.

(foto Michael Wolf)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply