Cassia didymobotrya
Hierdie spoggerige struike groei redelik vinnig en is rypbestand. Dit word tot 3 meter hoog en is immergroen, hoewel dit halfbladwisselend raak in die kouer dele van Suid-Afrika. Dit kom natuurlik voor in die tropiese dele van Kwa-Zoeloe Natal.
Die are met geel blomme spruit en donkerbruin blomknoppe en ruik soos grondboontjiebotter – vandaar die naam. Dit blom van die somer tot die herfs.
(foto Karsten Dörre)