Tulbaghia violacea
Wildeknoffel in ’n bolplant wat voorkom in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng.
Die plant word tot 450 mm hoog en is goed bestand teen ryp en droogte, maar hulle hou nie daarvan om versteur te word nie.
Die blare is grysgroen en die lilakleurige blomme verskyn in die somer.
(foto: Manuel Martín Vicente)

