Ekebergia capensis
’n Middelslag- tot groot boom, immergroen of half-bladwisselend in kouer dele. Dit kom voor van Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal tot in die Oos-Kaap.
Dit kan tot 10 meter hoog word met ’n spreiende kroon – dus ’n uitstekende skaduboom.
Die blare is blink en donkergroen. Die blomme is onopvallend, maar dit ruik baie lekker. Dit dra helderrooi bessies wat baie gewild is onder voëls. Die boom blom in die lente en die bessies verskyn in die somer en herfs.
ek is opsoek na groot bome om te plant ek wil vinnig skaduwee kry in my tent kamp my groot boom is in storm af gewaai Ek bly in Hoedspruit Limpopo