Magnifera indica
Mango’s is die vrug wat wêreldwyd die meeste geëet word. Hulle aard egter net in subtropiese, rypvrye areas. Die bome is bladhoudend en baie mooi en is ‘n aanwins vir ‘n huistuin.
Die grond moet ten minste 2 meter diep wees en goed dreineer. Die boom word nogal groot en die staanplek moet 10m² beslaan. Die gate moet voorberei word soos vir ander vrugtebome, maar ten minste 2 maande voor jy die boom gaan plant.
Ontmoedig die boom om vrugte te dra die eerste 3 jaar, deur dit baie stikstof te gee en dit in die droë maande elke 2 weke water te gee in die eerste jaar, elke drie weke in die tweede jaar en elke vier weke in die derde jaar. Verwyder enige blomme wat dalk verskyn.
Na 3 jaar moet jy die bome die 3 maande voor die droë maande nie water gee nie. Die stres wat dit meebring help met blomvorming. Sodra die eerste blom verskyn moet die boom baie deeglik natgemaak word, 2 dae agtermekaar, elke 6 weke.
Dien bemestingstof toe elke 3 maande. Die eerste maand moet wees die maand voor die droë seisoen begin. Gee 250 g KAN die eerste jaar, 500 g die tweede jaar en 750 g vanaf die derde jaar. Let wel dat hierdie hoeveelheid vir die hele jaar is. Gee die boom ook 500 g 3:1:5 vir elke jaar wat dit al staan, tot ‘n maksimum van 7 kg per jaar.
Jy hoef nie ‘n mangoboom te snoei nie.
(foto Oescalona)
Goeiedag.
Ons Mangoboom het sulke wit donsagtige swamme op. Ons spuit dit gereeld met seepwater. Maar wat is daar op die mark wat hierdie probleem kan wegvat of meer beheer?
Baie dankie