Phaseolus vulgaris
Groenboontjies is ’n gewilde gewas in die huistuin en word maklik gekweek. Hulle staan ook bekend as die dwergbome.
Groenboontjies groei in meeste grondsoorte, solank dit los is en goed dreineer. As dit in grond geplant word wat voorheen baie kompos gekry het vir ander groente is niks meer voeding nodig nie. Indien jy dit vinniger wil laat groei kan jy 60 g 2:3:2 per m² toedien.
Hierdie boontjies het min aandag nodig. Wees net versigtig as jy dit natmaak tydens ontkieming en weet dat dit baie water nodig het tydens vrugvorming. Erd die grond ook op rondom die stam tydens vrugvorming, want dit kan omval as dit baie goed dra.
Jy kan gewoonlik oes, sowat 10 weke nadat jy gesaai het. Oes terwyl die peule nog jonk en sag is.
Wees op die uitkyk vir snywurms, hulle is mal oor groenboontjies.
Kan jong boontjie plantjies uitgeplant word?