Thymus vulgaris
Tiemie is ‘n meerjarige plant. Dit soek volle son en grond wat goed dreineer. Dit is glad nie rypbestand nie.
Wanneer jy tiemie plant maak seker dit is Thymus vulgaris. Dit is die geurigste soort. Thymus serpyllum is goeie grondbedekkers wat insekte weghou. Dit is veral geskik onder aarbeie en tussen tamaties omdat dit witvlieg en plantluise weghou. Plant die groentetuin se sekuriteitswag sommer op die kante van jou groentetuin. Dit verdryf ook vrugtemotte.
As van jou tiemietakkies doodgaan in die winter, los dit net so totdat al die koue verby is. Die plant sal beter oorleef so met die takke. Sny dit af in die lente. Jy kan die dooie takke saam met ‘n paar varses verbrand as ‘n lugverfrisser.
Die smaak van tiemie is die beste net voor blomtyd.
(Die foto is van Thymus vulgaris.)