Die naam tjienkerientjee is van die geluid wat die blink bloeistele maak as hulle in die wind teen mekaar skuur. Heelwat soorte tjienkerientjees is inheems aan Suid-Afrika.
Die plant dra stervormige blomme in bosse. Ander blomkleure is oranje, geel en groen.
Daar is ook ‘n reuse-tjienkerientjee (Ornithogalum saundersiae) wat tot 2 meter hoog groei. Die een blom in die somer. Die blomme is roomwit met swart vrugbeginsels.
April is die perfekte tyd van die jaar om tjienkerientjees se bolle te plant. Die elegante, spierwit blomritse van die bekende Ornithogalum thyrsoides is uitstekende snyblomme wat elke jaar sal gesig wys in die lente tot diep in die somer.
Die plante hou van baie son, baie water en kan ligte ryp hanteer, behalwe vir die reuse-tjienkerientjee wat swaar ryp kan hanteer.
(Die foto is van ‘n Ornithogalum arabicum.)

