Tuinslang


– ‘n Tuinslang van 20 m kan maklik in die binnekant van ‘n ou motorbuiteband gebêre word. Jy kan ook jou tuinslang met band en al grasperk toe rol.

– Rol jou tuinslang in die vorm van ‘n 8. Dit verhoed dat dit koek.

(foto Kevin Rosseel)

– Gebruik ’n tuinslang om mooi vorms en gladde rondings om jou beddings te maak.

Laat die tuinslang in die son lê om sag te word en vorm dit dan soos jy wil. Spit die vorms uit met die tuinslang as buitelyn.

Lewer kommentaar

Leave a Reply