Swamme

Swamme is klein, parasitiese plante wat die gasheerplant aantas. Dit is veral ’n probleem waar min lig en hoë humiditeit voorkom.

Sommige swamme is beperk tot een soort plant, terwyl ander weer voor die voet teer op enige plante.

Swamme versprei deur spore wat deur wind, water en diere gedra word. Tuiniers kan die verspreiding van swamme verhoed deur nie te veel plante op ’n stuk grond te plant nie.

Besmette plante moet vernietig word.

As jou grond tekens van swamme toon kan jy dit behandel met ‘n mengsel van Disprins en water.  Die verhouding is een Disprin vir 1 liter water.  Niks sterker nie, anders kan jy van die plante se blare brand.

Jy kan ook Disprin meng met kompos, om te verhoed dat swamme om nuwe plante se wortels vorm.

Kalkswael is ‘n ander behandeling wat gebruik kan word.

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. Ek het n fyn lig groen swam op my pruim bome, hoe kan ek dit behandel. die bome kry vol son.

  2. Daar is n gladde lig groen swam op my pruim bome. hoe kan ek dit behandel

  3. Ek sien dat jy skryf dat swamme groei waar min lig en baie humiditeit is. My ertjies en ek sien nou van my blaarslaai het swamme op. Die blare is eintlik spierwit en as jy daaraan raak, lyk dit of die swam versprei. Dankie vir die raat van die disprins. Ek gaan dit net more probeer.

Lewer kommentaar

Leave a Reply