Impalalelie / Sabiester

Adenium obesum var. multiflorum

Die impalalelie waarvan ons hier praat is die een van die Laeveld en nie die een van Namibië (Adenium boehmianum) nie.

Die Suid-Afrikaanse impalalelie se blomme is meer stervormig en is wit met helder, donkerpienk rande. Die trosse blomme word in die winter en lente gedra, nadat die blare afgeval het.

Dié vlesige struike word to 1,5 meter hoog. Hulle is droogtebestand en hou van grond wat maklik dreineer.

(foto: Stan Shebs)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply