Indien jy in die lente nuwe bome en struike plant moet jy dit nie verbrou deur die grond te bederf met die byvoeging van organiese materiaal nie.
‘n Gat vol kompos en sagte organiese materiaal is ‘n gemaklike bed vir die wortels en hulle sal nie sommer in die omliggende area versprei nie. Indien die wortels nie versprei en so die boom goed anker nie kan die plant maklik deur sterk wind omgewaai word. Nog ‘n paar wenke vir die plant van bome en struike is:
Etikette van kwekers kan insnydings in die stam veroorsaak so maak seker jy verwyder dit.
– Plant die grond op dieselfde hoogte as wat dit was by die kwekery. ‘n Donker merk op die stam toon gewoonlik die diepte aan.
– Beskerm die stam teen die son, knaagdiere en grassnyerletsels met ‘n spesiale omhulsel vanaf die grond tot by die laaagste tak.
– Indien jy ‘n deklaag gebruik moet dit nie toegelaat word om aan die stam te raak nie.
– Bekyk die plant uit alle hoeke om seker te maak dit sit regop voor jy die gat vul.
– Penne veroorsaak normaalweg meer skade as wat dit verhoed. Gebruik dit net indien die wind baie erg is in jou area. Laat die tou effe slap en sit beskermde materiaal tussen die stam en die tou.
* Plant met ‘n halwe koppie superfosfaat en 1 koppie beenmeel in elke gat. Vier plante per vierkante meter.

Watter vetplante kan ek in my rotstuin plant vir kleur?
Mens kry verskillende aalwyne met ‘n verskeidenheid van blomme. So ook vetplante in verskillende skakerings van groen, grys en nog wat. Eksperimenteer!
Ons bly in Carolina met swaar ryp in die winter. Wat kan ek plant wat immergroen is? Wat kan ek onder groot bome plant vir kleur?
Blinkblaar en Boslelie kan dalk Carolina se ryp oorleef, so ook alle geelhoutbome. Vind uit watter inheemse plante kom natuurlik voor in Carolina en plant hulle.
Ons woon in Middelburg MP. Watter skaars tipe vrugte boom kan 'n mens hier plant?
Elzabeth
My Japonika se blare raak bruin sodra dit uitkom. Enige raad?
My Japonika se blare raak bruin sodra dit uitkom. Enige raad?