Wat jy moet weet van indringerspesies

Indringerspesies hou een van die grootste bedreigings in vir biodiversiteit. Hierdie spesies ding met inheemse plante mee om habitats, veroorsaak meer intense brande, en het ’n negatiewe uitwerking op waterhulpbronne (beide in hoeveelheid en gehalte). Naas habitatvernietiging deur mense, is indringerspesies die tweede grootste moontlike oorsaak van spesieuitsterwing in die wêreld.

Indringerplante vernietig ons grond se produksiemoontlikhede. Die plante het ‘n baie hoër brandbare massa wat tot die intense brande aanleiding gee wat gereeld verwoesting saai.

Indringerplante kan met soveel as tien keer die hitte van inheemse plante brand, en vernietig dus die inheemse sade wat in die grond geberg lê of juis vir vrylating in laehittebrande bedoel is. Die indringerplant se eie sade oorleef egter en dus loop uitheemse spesies dikwels sterker uit op grond wat onlangs gebrand het.

Lewer kommentaar

Leave a Reply