Laat ek dit sommer nou dadelik uithaal en op die tafel neerplak: Ek is nie ´n groot aanhanger aan van enige New Age of ander sogenaamde spirituele bewegings nie … om dit nou mooi saggies te stel.
Ek kry egter ´n briefie die week van Melinda wat vra of ek nie oor hierdie kant van die mens se seksualiteit wil skryf nie. Melinda, ek het nog nooit daai kant eens gesien nie, wat nog te sê skryf oor.
Die eerste woorde wat my kop betree toe ek begin dink aan seks en geestelikheid was natuurlik Terblanche Jordaan. Nie dat my hero van veel hulp is onder die omstandighede nie, maar die leiding wat ek toe hieruit put is om op die Internet te gaan loer oor wat dit nou eintlik is waarvan Melinda gepraat het.
Meeste spirituele bewegings se sienings oor seks is dat dit ´n gesonde ervaring is – iets waarmee ek heelhartig kan saamstem. Die mense brei ook uit op die punt deur te sê dat dit nie in die skadu van skuldgevoelens moet gebeur nie.
Verby die orgasmes en al die lekker liggaamlike plesiere het al die bewegingsmaniere oor hoe jy jou seksuele ervaring kan uitbrei met behulp van alle soorte mediteringstegnieke.
In kort moet jy ligaaam en siel se energie kanaliseer in een van jou enrgiesentrums. Die liggaam het glo 7 hiervan genoem chakras. Elke chakra het ook glo ´n kleur en ´n sintuig wat daarmee geassosieer word en die idee is glo om ´n kleur en sintuig te visualiseer, terwyl jy jou energie onder beheer kry – of so iets.
Die eerste chakra is daai area tussen die geslagsdele en die anus en word geken deur rooi en die reuksintuig.
Die tweede chakra is die geslagsdele self. Die kleur is orange en die sintuig is smaak.
Die derde chakra lê net bo die naeltjie. Die kleur is oranje.
Die vierde chakra is in die middel van die bors. Die kleur is groen en die sintuig is om te tas.
Die vyfde chakra is onder aan die keel geleë. Die kleur is blou en die sintuig gehoor.
Die sesde chakra is in die middel van die voorkop. Die kleur is indigo en die sintuig sig.
Die sewende en laaste chakra is bo-op die kop en die kleur is pers.
Melinda, dit sal my dae neem om aan jou te probeer verduidelik wat ek dink jy moet doen met al die inligting, maar ek dink nie ek of jy gaan na die tyd enige iets wyser wees nie.
Wat ek jou wel kan sê is dat as jy al die sintuie gaan toepas op die spesifieke chakra’s, jy ten minste ´n genotvolle seksuele ervaring gaan hê.
Hoop jy kom reg, maar ek sou voorstel jy gaan koop eerder ´n boek oor chakra’s.
