Bestaan kondome wat van kleur verander as dit ’n oordraagbare siekte teëkom

Dit was onlangs in die nuus dat drie leerders, almal jonger as 15 jaar, het ’n kondoom ontwerp wat van kleur verander as dit ’n seksueel oordraagbare siekte teëkom.

’n Lagie in die kondoom se materiaal bevat glo molekules wat reageer as dit met enige bakterieë of virusse in aanraking kom wat met seksueel oordraagbare siektes geassosieer word. Die kleur sal afhang van wat dit opgespoor het, dit sal byvoorbeeld geel word vir herpes en blou vir sifilis.

Sulke kondome sou ’n goeie idee wees en die kinders het probeer, maar helaas, is dit glad nie moontlik nie. Daar is ’n rede hoekom selfs goeie hospitale ’n paar dae neem om vas te stel of jy ’n seksueel oordraagbare siekte het. ’n Laboratorium is steeds nodig vir dié proses.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar