Kondome: Veilig, kleurvol en smaaklik

Die Suid-Afrikaanse regering gaan R3,5 miljard spandeer oor die volgende drie jaar om hul standaard, gratis kondoom op te kikker met geure en kleure.

Die inkopielys bestaan uit 3 miljard manlike kondome, 54 miljoen vroulike kondome en 60 miljoen sakkies smeermiddels.

Driekwart van die manlike kondome moet ’n kleur en ’n geur hê en die res moet die standaard kleur met ’n vanilla geur wees.

Die kleur en geur kombinasies is geel met ’n piesanggeur, pers met ’n druiwegeur en rooi met ’n aarbeigeur.

Die pers kondome is reeds in Maart geloods en die ander twee kleure kom later vanjaar aan die beurt.

Lewer kommentaar

Leave a Reply