R skryf:
“Ek en my verloofde woon noual meer as ag jaar saam. Aan die begin was alles goed, tot waar ek moeg begin raak het vir ons sekslewe. Hy het later net begin opspring, sy ding gedoen en my onbevredig gelaat. Ek het op verskeie kere gesê hy mors my tyd. Dit is nou al meer as jaar laas dat ons seks gehad het. Hy sê hy stel nie meer belang nie omdat ek hom seergemaak het en dat hy te bang is. Ek het al hoeveel keer aan hom verduidelik dat ek dit nie so bedoel het nie en dat ek regtig jammer is. Wel nou ly ek daaronder, want ek soek en daars abusoluut geen toenadering van sy kant af nie. Dit raak ‘n probleem, so erg dat ek hom al’n paar keer verneuk het met iemand anders. Ek is nie die tipe wat daarvan hou nie, maar ek kry dit nie meer by hom . Kan dit waar wees dat ‘n man solank sonder seks kan bly of kry hy dit ook dalk by iemand anders. Tog lees hy Loslyf en kyk hy porn movies… (Hy doen dit alles skelm). Hy’t al genoem dat ek met myself moet speel. Dit maak nogals seer, want ek bly dan saam met ‘n man. Hy wil nie saam my slaap nie, maar is so jaloers as ek uitgaan. Hy steel soms foon en lees my sms’e. Om die waarheid te sê vertrou ek hom netso min, want wie weet wat hy alles agter my rug kan doen.”
Marthie van Zyl:
Ja, julle twee het ongelukkig reeds ‘n GROOT probleem, een wat nie oornag uitgesorteer gaan word nie. Dit het oor die loop van jare ‘n bose kringloop geword van seer maak en jy het ongelukkig sy “ego” geskend, en dit is ‘n fatale ding om ‘n man aan te doen. Jammer dat ek jou nou so oor die vingers tik, maar dit is iets wat vandag se vrouens tog so maklik vergeet…. die manne se ego’s is vir hulle VREESLIK belangrik, en veral wat en hoe hulle is in die BED.
As jy reeds met hom gepraat het, en die verlede se dinge probeer regstel het, maar hy steeds geen belangstelling toon nie, sal julle dringend ‘n seksterapeut of ander kundige moet gaan spreek, want dan twyfel ek sterk of die twee van julle die kloof tussen julle sal kan oorbrug sonder hulp van ‘n objektiewe persoon.
Ja, daar is wel mans wat vir BAIE lang tye sonder seks kan klaarkom, maar as hy baie doenig is met pornografie, mag hy moontlik verslaaf raak daaraan, en dit veroorsaak ‘n baie laer seksdrag by mans, hulle masturbeer terwyl hulle die pornografiese boeke en videos kyk, en gevolglik het hulle dan nie meer ‘n behoefte aan ‘n vrou nie.
Ek stel voor, veral as julle steeds lief is vir mekaar, dat julle baie vinnig hulp kry, want seks is nie die “alles” in n verhouding nie, maar daar sonder is die verhouding GLAD nie volkome heel nie.
