My vrou is moeg vir my

J….G skryf:
Hi kan u my asb help? Ek is baie lief vir my vrou en doen alles uit my vermoeë vir haar plesier. Ons is nou al 2 jaar saam en nou al 6 maande getroud. Ons het altyd lekker saam gekuier en mekaar baie drukkies en soenne gegee en vir mekaar gesê “ek is lief vir jou”. Mevrou en ek loop nie eers rond nie. Ek sê elke dag vir haar sy is vir my baie pragtig uit my hart uit en sê nog steeds ek’s lief vir haar en nog steeds gee ek haar al die liefde maar sy doen nie meer dieselfde met my soos in die begin nie. Sy het ook altyd ‘n probleem as ek met haar wil liefde maak en sy was nie so nie. Dis asof sy fout soek met alles. WAT KAN EK DOEN OM DIT REG TE STEL ASB. EK IS BAIE LIEF VIR HAAR. Voel vir my of sy al moeg is vir my, of dit lyk of sy my verneuk maar ek kan nie haar judge nie want ek het haar nie gevang nie. Sal waardeur as u my kan raad gee.
Antwoord
Het jy al met haar hieroor gepraat?
Dit is nie ongewoon om na so ‘n paar jaar van getroude lewe “minder liefdevol” met jou maat te wees nie. Dit is deel van grootword en die leerproses. ‘n Verhouding is nie net maanskyn en rose nie. Mens moet werk daaraan.

Lewer kommentaar

Leave a Reply