Inwoners van Kaapstad is gevra om op hul hoede te wees vir ‘n jong seekoei wat in tuine en in paaie rondloop nadat hy by ‘n meer naby die stad ingetrek het.
Die kalf het ontsnap nadat die grensdraad om die dam waar hy gewoon het gesteel is.
Die publiek word aangeraai om baie versigtig te wees, seekoeie is baie gevaarlike wilde diere.
