Glans en swier om sake te vier

onbytSAKE, Suid-Afrika se voorste vermaaklikheidsprogram, is nie net daar om voortreflike televisie-vermaak te bied en uitstekende bemarkingsgeleenthede aan besighede te gee nie, maar verstaan ook die uitdagings wat klein en medium sakeondernemings en entrepreneurs in die gesig staar en dat die rol wat hulle speel om die ekonomie te bevorder dikwels onderskat word.

Hykie Berg se boekbekendstelling reuse sukses en behaal topverkoper posisie

Die bekendstelling van GEROEP VIR MEER – OM SUKSESVOL TE LEWE, die nuutste boek deur die gewilde akteur, entrepreneur en skrywer, Hykie Berg, was ’n reusesukses. Die boek het ook die nr 1 topverkoper posisie in die land behaal, binne slegs 2 weke!