Voorste jong musici gekies vir prima nasionale wedstryd

Altesaam 21 jong klassieke musici tussen die ouderdomme van 14 en 19 is gekeur om aan die 33ste Nasionale Jeugmusiekkompetisie van 10 tot 14 Oktober by die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow, Kaapstad deel te neem.