Met die bekendstelling van die jongste-geslag Suzuki Jimny vier Suid-Afrikaners die terugkeer van ‘n ikoon. ‘n Regstreekse nakomeling van legendariese ultraklein-4x4s soos die Suzuki SJ410 en die Samurai, behou die Jimny die verstommende veelterreinvermoë en ratse reaksies van sy voorgangers.
