Drie kanniedood-Land Cruiser 70’s het die Voetspore-span, onder leiding van Johan Badenhorst, onlangs na ‘n tog van meer as 23 000 km langs die Weskus van Afrika af veilig terug in Suid-Afrika besorg.
Sleutelwoord Argiewe:Timbuktu
Die Legende van Timbuktu
Die Legende van Timbaktoe (Timbuktu / Tombouctou) het moontlik sy ontstaan gehad toe die keiser van Mali sy pelgrimstog na Mekka onderneem het via Kairo in 1324. Die Egiptenare was vreeslik beïndruk met die hoeveelheid goud in die keiser se besit.
