Kragtige nuwe Tribeca pronk in Subaru se vertoonlokale

Die 2008-Tribeca het in die tweede week van Februarie in Subaru se vertoonlokale begin verskyn. Hoogtepunte van hierdie tweede-generasie van Subaru se vyf-plus-twee-sportnuts sluit in groot veranderinge aan sy sessilinder-horisontaal-teenoorgestelde enjin en transmissie, wat nou ‘n vyfgang is.