#Aardklop MA!

Maggie is pas ontslaan uit die rehabilitasiesentrum en probeer haar voete vind.

Haar ma is ’n beroemde aktrise wat oënskynlik die hoogste kruin in haar lewe bereik het, maar nie die eensaamheid óf die ouderdom kan besweer nie.

MA! ondersoek die komplekse verhouding tussen ma en dogter op so ’n deernisvolle manier dat dit sal spreek tot die meeste ouers en hul kinders.

* Première *

Met: Annelisa Weiland en Franci Swanepoel
Teks: Marida Swanepoel
Regie: Gert van Niekerk

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R 120
Plek: Girls High, Potchefstroom
Datum: 6 Okt. – 09:00, 7 Okt. – 14:00, 8 Okt. – 16:30, 9 Okt. – 16:00, 10 Okt. – 14:00

Aardklop 2015

MA!,
Roekeloos,
13 Augustus 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply