Dié opwindende nuwe produksie neem gehore op ’n reis deur Africana.

Die giere, gewoontes, heilige koeie, artikels en tradisies van Afrikaners word tong in die kies gedissekteer om te kyk wat klop in die hart, raas in die kop en kielie in die maag van Die Volk.

Die soms uitbundige, soms gevoelvolle styl waarvoor Chris Chameleon bekend is, tesame met Daniella Deysel en nuwe snitte wat spesiaal vir die produksie geskep is, beloof gehore ’n goeie dosis van lekker lag, lekker luister, ’n bietjie nadink en ’n hart se punt wat sekerlik nader aan dié besondere Afrika-stam sal trek.

Met: Chris Chameleon, Daniella Deysel

Regisseur: Chris Chameleon

Teks: Chris Chameleon

Vervaardiger: Chris Chameleon

Africana – (dis)seksie! is 9 en 10 Augustus by Die Boer in Durbanville. Kaartjies kos R140 en kan bespreek word by 021 979 1911.

Africana – (dis)seksie
Africana – (dis)seksie

Lewer kommentaar

Leave a Reply