Afrikaaps

Afrikaaps
Roekeloos
21 Mei

Afrikaaps is weer met ons. Dit is ’n Afro-futuristiese Hip-hop teaterproduksie wat die wortels van Afrikaans uitgraaf onder die oorspronklike inwoners van die Kaap.

Afrikaaps
Afrikaaps
Die ensemble, Die Argitekbekke, bied ’n eklektiese versameling musikale genres wat hulle vermeng met Hip-hop, tipies Kaapse musiek soos Ghoema en klanke wat ons assosieer met die Kaapse Klopse.

Afrikaaps is in 2010 benoem vir ’n Fleur du Cap-toekenning en het 2 Fiësta-toekennings ingepalm. Na ’n toer in Nederland in 2011 het dit die Keuze van de Wijkjury Amsterdam ontvang.

Afrikaaps is by die Kunstekaap in Kaapstad van 29 Mei tot 31 Mei. Kaartjies kos R80.

Met: Jitsvinger, Emile YX?, Blaq Pearl, Moenier Adams, Bliksemstraal en Jethro Louw.
Musiekregie: Kyle Shepherd

4

Lewer kommentaar

Leave a Reply