#innibos SAPPI Boeke-crawl

SAPPI Boeke-crawl
Roekeloos
21 Mei

Met letters, woorde, sinne, verse, gedigte, prosa, verhale en musiek is die SAPPI boeke-crawl ’n eiesoortige en unieke woordreis.

Die boeke-crawl is vanjaar by die geskiedkundige dorpie Kaapsehoop – sowat 35km
vanaf Nelspruit.

Vier verskillende venue’s by Kaapsehoop maak deel uit van die crawl. Ligte eet- en drinkgoed is op die spyskaart om die ergste koue en honger te besweer.

Silver Mist Country Inn is die eerste stopplek. Hier gaan bekende jeugskrywer Fanie Viljoen van sy gedigte en verhale voorlees terwyl die talentvolle spotprentkunstenaar, Wouter de Witt, dit visueel uitbeeld.

In die Kapel gaan die flambojante Zanne Stapelberg haar veelsydigheid wys wanneer sy getoonsette gedigte van Philip de Vos sing, terwyl woordkunstenaar Frans van Rensburg stem gee aan hierdie digter se verskuns.

Koos van der Merwe is bekroonde woordkunstenaar, liedskrywer, digter en rubriekskrywer vir Sarie. Hy gaan van sy gedigte voorlees, die stories daaragter vertel en dit met ’n paar liedjies verweef. Hierdie genot vind plaas by Silvermist Waenhuis.

Spookstories gallop saam met die wilde perde deur die strate van Kaapsehoop. By Bohemian Groove Café gaan Ben Kruger en Pieter Smith jou hare laat rys met hulle vertolking van eg Suid-Afrikaanse spookstories.

Hierdie produksie is elke jaar binne 20 minute na die kaartjies geopen het, uitverkoop. Beraam slim planne om van dié kaartjies in die hande te kry.

Met: Zanne Stapelberg, Frans van Rensburg, Koos van der Merwe, Fanie Viljoen, Wouter de Witt, Ben Kruger en Pieter Smith.
Datum en tyd: Do 3 Julie om 14:00, 16:00 en 18:00
Plek: Kaapsehoop
Tydsduur: 240 minute
Gradering: Volwassenes
Kaartjieprys: R302 (ligte verversings en drinkgoed ingesluit)
Busse vertrek vanaf die I’Langa Mall middelvlakparkering (oorkant Mercure Hotel).

innibos 2014

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply