Annale van ‘n windgat

Dis kraakvars, dis eg (Suid-)Afrikaans, dis skreeusnaaks, dis pitkos, dit het gekom om te bly – dis
Annale van ‘n Windgat.

Hierdie eenmankomedie handel oor persoonlikheidstipes en kommunikasiestyl. Die stuk
werk met vier basiese persoonlikhede soos dit deur die eeue uitgekristalliseer het, maar gee
hulle nuwe name: daar’s banggatte, hardegatte, slapgatte en windgatte.

Die krag van die komedie lê daarin dat teatergangers hulleself herken (hulle sien hul gatte) en
kan identifiseer met die persone en situasies wat uitgebeeld word. Dis ‘n laugh a minute met
diepte. Almal wat die stuk sien, dink en praat vir weke oor die show en die implikasies daarvan.

Die wonderlike woord ‘gat’ word deurgaans in sy idiomatiese sin en as metafoor vir persoonlikheid gebruik. Annale van ‘n Windgat bewys dat Afrikaans ook snaaks kan wees sonder kru taal.

As jou gat jeuk vir iets nuut en slim, dan is Annale van ‘n Windgat net vir jou geskryf.

Neels Clasen in Annale van 'n windgat
Neels Clasen in Annale van 'n windgat
Neels Clasen is dié windgat.

Die skrywer en regisseur is Barry van Rensburg.

Kom lag jou gat af by Die Boer in Durbanville op Sondagmiddag 26 Februarie om 13:30. Kaartjies kos R70
en is beskikbaar by 021 979 1911 / 083 406 0111.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar