Na die enorme sukses van ons 2009-karnaval bied die Woordfees weer groot en veilige pret vir oud en jonk.
Volop stalletjies, mallemeulens en fantastiese vermaak op die buiteverhoog, met die N2 Jazz-orkes en kunstenaars soos Emo Adams (Vrydagaand), Zinkplaat en The Rockets (Saterdagaand).
Aurora-koshuis bied ʼn sokkerkliniek vir O/9’s aan in samewerking met Ajax-sokkerklub.
En op Saterdagaand om 20h00 kom die wenspan van 7de Laan: Oubaas en Hilda!
(Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds, ten bate van die gemeenskap)
5 Maart 16h00 – 23h00; 6 Maart – 10h00 – 23h00 ● Van der Stel Sportveld ● R10 Volw.; R5 kinders
Woordfees 2010