Ballet vermaak in Kaapstad gedurende feesdae

Die Kaapse Stadsballet sal tydens die feesseisoen ‘n spesiale program met drie opwindende ballette in Kunstekaap Opera aanbied, vanaf 11 Desember 2013 tot 11 Januarie 2014.


The Tin Soldier is ‘n splinternuwe ballet, gebasseer op Hans Christian Andersen se populêre sprokiesverhaal oor ‘n bliksoldaatjie wat verlief raak op ‘n papier-ballerina. Die ballet bied die perfekte familie-vermaak vir die vakansieseisoen. Dit word deur die Kaapse Stadsballet se artistieke direkteur, Robin van Wyk gechoreografeer, met beeldskone musiek deur Alexander Glazunov. The Tin Soldier word vanaf 11 – 24 Desember 2013 aangebied.

Belles and Beaux bied ‘n keur van sprankelende tonele uit van die mees geliefde ballette, met die sterre van die Kaapse Stadsballet in die rolverdeling. Van die dansrepertoire se verlokkendste karakters word in die program ingesluit, wat vanaf 18-22 Desember opgevoer word.

Night & Day bied teatergangers die geleentheid om die Oujaar vaarwel te roep en die Nuwejaar op die ritme van Cole Porter aan te durf. Hierdie werk bring hulde aan een die mees legendariese liedjieskrywers. Die onvergeetlike melodië, pragtige kostuums en die choreografie – met elemente van jazz, klopdans en cabaret, bied gesofistikeerde vermaak vanaf 31 Desember 2013 tot 11 Januarie 2014.

Teatergangers ontvang afslag op kombinasies van twee of drie kaartjies.

Datums:

The Tin Soldier : 11 – 24 Desember 2013
Belles and Beaux of the Ballet : 18-22 Desember 2013
Night & Day : 30 Desember 2013 – 11 Januarie 2014

Ballet posters

Lewer kommentaar

Leave a Reply