Die treffer van die Kaapse Stadsballet, Night & Day, maak weer ’n draai op die planke van die Kunstekaap om 2016 in te lei.

Dit begin alles Nuwejaarsaand met ’n spesiale vertoning van die stuk wat die lewe en musiek van Cole Porter herdenk.

’n Stylvolle stel pronk op die agtergrond vir treffers soos “Let’s Misbehave”, “Too Darn Hot”, “Let’s Fall in Love”, “Anything Goes”, “Love for Sale” en natuurlik “Night and Day”. Met die choreografie van Robin van Wyk, Mervyn Williams, Nigel Lucas, Kristen Isenberg en Paul Johnson.

Daniel Szybkowski dans die rol van Cole Porter. Hy word afgelos deur Ivan Boonzaaier en Conrad Nusser. Jessie Williams is op die klarinet.

Night & Day is by die Kunstekaap in Kaapstad vanaf 31 Desember 2015 tot 10 Januarie 2016, daarvoor verskuif na die Maynardville opelugteater in Wynberg vanaf 24 Januarie tot 21 Februarie 2016.

Night and Day, Kaapse Stadsballet
Night and Day, Kaapse Stadsballet

(foto Michael Groenewald)

Lewer kommentaar

Leave a Reply