Bok

Na ’n suksesvolle lopie by die KKNK 2015 is Bok ook vanjaar by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad.

Bok
Bok

Die Underground Dance Theatre het Vaslav Nijinsky se ikoniese ballet Afternoon of a Faun verwerk tot Bok. Die choreograwe plaas die storie in die hedendaagse Suid-Afrika.

Bok speel af in ’n droomwêreld en verken die afwisseling tussen wat primitief is en wat beskaafd is, die dierlike en die menslike, ’n surrealistiese fantasie vol erotiese insinuasies.

Met: Henk Opperman, Sherwin Rhode & Kopano Maroga
Choeografie: Steven van Wyk, Cilna Katzke & Kristina Johnstone
Musiek: Heno Janse van Rensburg
Kostuums: Marcel Meyer
Vervaardiger: Underground Dance Theatre

Genre: Dans
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Tydsduur: 40 minute
Kaartjies: R90 & R81
Plek: Centenary Hall, Grahamstad
Datum: 9 – 12 Julie

Nasionale Kunstefees 2015

Bok,
Roekeloos,
8 Julie 2015.

3.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply