Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Nataniël se skryftalent op sy allerbeste in dié skreeusnaakse, makabere komedie wat blitsig uitverkoop het by ander kunstefeeste.
Babson, ʼn wêreldberoemde opera-diva, bly deesdae op ’n agterlike dorpie by die agterlikste inwoner – haar suster Bekka. Hoog in ’n boom hou die susters om die beurt wag, maar kyk die grootste gevaar mis: mekaar. Hillétje Möller vertolk albei susters.
Nataniel se briljante teks werk op meer as een vlak: Is BOOM! byvoorbeeld ’n plant-reus, donderweer, dagga of skielike groei? Dalk ’n metafoor vir die susters wat verskillende seisoene beleef (Babson die somer en Bekka die herfs)?
Teks: Nataniël.
Regie: Adriaan Meyer.
Kostuumontwerp: Errol Arendz.
Stelontwerp: Strijdom van der Merwe.
Babson / Bekka: Hillétje Möller.
Woordfees 2009
9 Maart 20:15 ● 11 Maart 20:15 ● Japie Krige-saal ● 75min ● R75