Besprekings is nou oop vir die Bosman Wegbreek wat jaarliks in Oktober in Groot Marico aangebied word.
Soos in vorige jare, bied vanjaar se program ´n verskeidenheid soos min. Een verskil egter is minder frantiese aktiwiteit en meer geleentheid om die omgewing, geselskap en ambiance van die plek te geniet.
Sewe opvoerings deur bekende kunstenaars is in die naweek pakket ingesluit.
Dié vermaak is baseer op Bosman inspirasie: die atmosfeer en bekostigbare tariewe eie aan ´n outentieke Bosman bosveld.
Besoek gerus die webwerf www.marico.co.za en sien aanhangsel vir ´n lys van ons bekostigbare akkommodasie beskikbaar.
Die naweek pakket sluit in:
· 7 vertonings deur uitvoerende kunstenaars Patrick Mynhardt, David Butler, Antoinette Pienaar, Tim Sandham,Angus Douglas, Dorothy-Ann Gould en Stephen Gray.
· Alle maaltye en verversings op Saterdag en Sondag ingesluit.
· Moerkoffie en tee en stories om ´n kampvuur op die Bosman terrein gedurende die dag en tussen ander aktiwiteite.
· Bekendstelling van ´n nuwe Bosman publikasie Over a sip of Jerepico asook verversings.
· Verskeie gratis aktiwiteite en toere op Saterdag.
· Beker en mamper glas, om te begin gebruik gedurende die naweek.
Koste
Die koste van die naweek pakkette is R395 per persoon.
Die bedrag is vooruit betaalbaar en depositos kan inbetaal word in die volgende rekening: H.C. Bosman Literary Society, Eerste Nasionale Bank Groot Marico , Bankkode 240140 Rekening Nommer 602 3803 6061
Bewys van inbetaling faks na 014 503 0085 (vermeld van as verwysings asb)
Gaste word aangeraai om so gou moontlik te bespreek aangesien daar slegs ´n beperkte aantal plekke en fasiliteite by die verskillende venues beskikbaar is asook die feit dat organiseerders die geleentheid so intiem en persoonlik moontlik wil hou.
AKKOMMODASIE
Daar is verskeie akkommodasie opsies beskikbaar wat wissel van R40 per persoon per aand – tot R180 per persoon (bunk beds in dormitories, self catering, farm accommodation , camping sites and bed and breakfast options.) ´n Lys van akkommodasie opsies is beskikbaar by Santa info@marico,co.za of 083 272 2958.
Kontakpersoon:
Santa van Bart (HC Bosman Literêre Vereniging)
Inligtingsentrum Groot Marico
Sel 083 272 2958
E-pos: info@marico.co.za
Webtuiste: www.marico.co.za
PROGRAM
Vrydagaand 15 Oktober 2004 Oom Schalk Strikes Back Hierdie vertonings deur Tim Sandham en Angus Douglas is nie deel van die naweek pakket (wat reeds die Saterdagoggend begin) nie maar is spesiaal vir vanjaar se fees gereël vir diegene wat dit nie verlede jaar kon bywoon nie. Kaartjies by die deure (R25). Vir diegene wat nie die vertoning gaan bywoon nie, is daar stories, tee en koffie om die kampvuur met voorlesings uit die Bosman kortverhale. Die speelvlak is die NG Kerk saal in Groot Marico.
Saterdag 16 Oktober
Vanaf 08h00 Koffie en beskuit by die Bosman terrein in Groot Marico.
08h30-09h30 Registrasie en afhaal van kaartjies (N.G. Kerk terrein – Groot Marico)
09h45 Die HCBLC verwelkom gaste en ´n terugvoer van die Herman Charles Bosman Lewendige Museum Projek.
10h30 Tim Sandham en Angus Douglas gee ´n humoristiese en informatiewe lesing oor die lewe van Bosman, getiteld Bosman – then and now.
11h30 Opvoering: Patrick Mynhardt – gunsteling Bosman stories.
Middagete Middagete word bedien op die terrein vanaf 13h00. Tussen 13h00-16h00 kan gaste kies tussen besoeke aan ´n mampoer plaas, plaaslike kunstenaars, ´n klankreis, informele Bosman voorlesings, staproetes langs die Marico rivier of ´n ritte langs dieselfde.
16h00 Opvoering The Great Bosman Quiz
18h00 Braaivleis, slaai, tuisgemaakte brood, kampvuur en moerkoffie.
18h45 Bekendstelling van die digbundel Wild Seed in die Human & Rousseau Gedenk Uitgawe van Herman Charles Bosman, geredigeer deur Stephen Gray. Mampoer, jerepigo, koffie, koeksisters en melktert om te vier. Boeke te koop.
19h30 Poësie voorlesings van Bosman deur Dorothy-Ann Gould en Stephen Gray.
20h30 Opvoering A Touch of Madness regie Nicky Rebello akteur David Butler.
Sondag 17 Oktober
8h00 Vroeë môre koffie en beskuit by die RiverStill Gasteplaas.
9h00 Opvoering : Antoinette Pienaar met stories uit die Karoo.
10h00 Patrick Mynhardt lees van sy gunsteling Bosman stories voor.
11h30 BRUNCH
12H30 Kort evaluasie en bespreking van die naweek en afsluiting.
Kontak Santa van Bart vir besprekings en navrae Skakel 083 272 2958 of e-pos info@marico.co.za
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
