Tot op hede was daar glo net een oorlewende van ’n volwaardige geval van hondsdolheid. Die persoon het ’n radikale vorm van behandeling ondergaan, genaamd die Milwaukee-protokol.
In hierdie romantiese tragedie, losweg gebaseer op die onderliggende wetenskap, is die viroloog Joan Remy uiters skepties oor die Milwaukee-protokol. Sy is ook verlief op hondsdolheid.
Jemma Kahn se unieke visuele styl is nasionaal, internasionaal bekend. en veral by Alexander Bar getref. Kahn werk hier saam met een van die voorste plaaslike teatermakers, Jaco Bouwer.
Cellist With Rabies is vanjaar by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad op die planke en maak daarna ’n Kaapse draai in die Alexander Bar in Kaapstad.
Met: Jemma Kahn & David Viviers
Regisseur: Jaco Bouwer
Teks: Jemma Kahn
Ontwerp: Rocco Pool
Visuele materiaal: Rocco Pool & Jemma Kahn
